Mkhize se R4,5 miljoen “bonus”

Die oud-ANC tesourier generaal en tans minister van ko-operatiewe regering en tradisionele sake, is tans in ‘n regsgeding betrokke rondom “omkoopgeld” wat beloof is met ‘n lening van R210 miljoen aan Afric Oil deur PIC.

‘n Regsfirma eis nou die betaling namens Zonkizizwe Investments vir hul “aandeel” in die ooreenkoms wat glo volledig in Luthulihuis bespreek en gefinaliseer is.

Van die “fasiliteringsfooi” sou R4,5 miljoen glo aan Zweli Mkhize gaan en die res aan Zonkizizwe Investments, wat in geheel deur die ANC besit word.

Ten spyte van hewige ontkennings deur Mkhize het sy voorganger, Mathews Phosa, die bande van Zonkizizwe met die ANC bevestig en het verskeie ANC lede die vergadering by Luthulihuis bevestig.   Die sensitiewe aard van die onderhandelings het gemaak dat alle onderhandelings mondeling sou wees en in goeder trou. Dit blyk dat sulke transaksies volgens “tradisie” heel aanvaarbaar is.

Foto: Zweli Mkhize