Menigsopname toon kommer

Ipsos, ‘n globale opname maatskappy, se jongste studie oor “Wat bekommer die wêreld”  in 28 lande toon die volgende statistiek:  58% van die wêreld se bevolking is negatief oor die toekoms en glo dat  hul regering die spoor byster geraak het. Sjina (92%), Saudi Arabië (76%) en Suid Korea (74%) beklee die drie top posisies wat ‘n positiewe uitkyk het.

Naas Argentinië en Italië het Suid Afrika die grootste val in nasionale optimisme bereik met slegs 33% van die land wat positief voel.

Dit verteenwoordig ‘n daling van bykans 19% in Maart na Ramaphosa oorgeneem het.

Vyf faktore staan uit in SA: politieke/finansiële korrupsie, misdaad/ geweld, werkloosheid, armoede en gesondheidsorg.