Meksiko opposisie toon sterk groei

Die opponent van die Meksikaanse regering, Andres Manuel Lopez Obrador, is besig om stemme te trek weg van die regerend party, en kan daarmee vir ’n verrassing sorg in die komende verkiesing.

Meningspeilings toon dat Andres Manuel Lopez Obrador, ook bekend as Amlo, besig is om sy voorsprong verder te vergroot en is reeds 17 punte voor die regerende party.

Met die algemene verkiesing op 1Julie, kan die regering uit die kussings gelig word deur die man wat nou vir ’n derde keer poog om die meerderheid stemme te kry.

Andres Manuel Lopez Obrador maak groot gewag daarvan dat hy met sy “Progressiewe Plan” ’n aanvaarbare ooreenkoms sal beding met die Amerikaanse president om die dooiepunt uit die weg te ruim.

Die sogenaamde “Progressiewe Plan” is die eerste keer in 1961 deur die voormalige president John F. Kennedy van die VSA begin om die doring van immigrasie uit Meksiko te bestuur.

Foto –  Andres Manuel Lopez Obrador