Masedonië se naam gaan verander

’n Gestry wat oor die afgelope 25 jaar geduur het tussen Griekeland en sy noordelike buurland, Masedonië, sal waarskynlik nou tot rus kom wanneer Masedonië sy naam verander.

Die twee lande het glo ’n ooreenkoms bereik en ’n nuwe naam sal met Griekeland se goedkeuring aan Masedonië toegeken word.

Griekeland het ten einde raad, met die hulp van Navo en die Europese Unie, sedert 1990 gekeer dat die buurland lid word van enige van die twee organisasies

Masedonie se eerste minister, Zoran Zaev, het gesê dat enige nuwe naam vir sy land sal eers getoets word by die kiesers in ’n referendum.

Die opmerking kom nadat die voormalige Joego-Slawiese Republiek van Masedonië en Griekeland blykbaar nader gekom het aan die beginsels van ’n akkoord vir die noordelike buurland.

Meer inligting sal later bekend gemaak word wanneer die twee lande se leiers weer met mekaar gesprek gevoer het.

Masedonië wou egter nie reageer op ’n moontlike nuwe naam vir die land nie en slegs gesê meer besonderhede sal later bekend gemaak word.