Mars voertuie steeds in stofstorm

Die twee Mars robot karretjies wat weens die sand- en stofstorm sukkel om hulle werk te doen, het die afgelope week slegs ’n paar “selfies” na die aarde teruggestuur.

Die geweldige stofstorm wat tans op die Rooi Planeet woed, kan nog maande voortduur, en kan selfs die algehele werking van Opportunity finaal kelder.

Die tegnologies gevorderde karretjie word met sonkrag aangedryf, maar die stof het nou so dik op die sonpanele gepak dat die sonstrale nie enige energie kan opwek nie.

Sy spanmaat, Curiosity, se saak is darem anders, want hy word met kernkrag aangedryf en die stofstorm pla nie juis nie, alhoewel die gevaar bestaan dat die sand hom so kan bedek dat hy nie weer los kom nie.

Aanvanklik was daar kommer dat die kernkrag toerusting mag oorverhit, maar dit blyk dat die karretjie dit kan weerstaan.

Foto – Curiosity op Mars