Manuel kap oudit firmas

Trevor Manuel het oudit firmas aangespreek wat nog steeds lede in diens het ten spyte daarvan dat hul wederregtelik opgetree het.

Firmas soos KMPG en Nkonki ing. se rol in die Gupta sage, asook die probleme met VBS Bank en Steinhoff, plaas ‘n donker wolk rondom die ouditeur firmas wat hul oë sluit vir transaksies wat “ruik” na bedrog en geldwassery.

Manuel het ‘n beroep gedoen op alle lede van die SA Oudit Vereniging om sulke werknemers te skors.

Foto: Trevor Manuel