Korea lande onderhandel oor familiebande

Verteenwoordigers van Noord-Korea en hulle suidelike buurland het die naweek met samesprekings en onderhandelinge begin om hereniging van familiebande te bewerkstellig wat verbreek is tydens die Koreaanse oorlog tussen die twee lande.

Die oorlog van 1950 wat tot 1963 gewoed het tussen Noord en Suid, het ook tot gevolg dat familielede mekaar nooit weer gesien het nie weens die kommunistiese bestel in die noorde.

Die onderhandelinge word op die berg Kumgangsan in die suidoostelike gebied van Noord-Korea gehou wat reeds ter sprake gekom het in April vanjaar tussen die twee leiers.

Kim Jong-Un van die kommunistiese Noorde en president Moon Jae-in van Suid-Korea het sedert die Winterspele in Suid-Korea nader aan mekaar beweeg en handhaaf tans ’n versigtige vriendskap.

Die twee leiers het die mikpunt gestel om op 15 Augustus ’n ooreenkoms te bereik oor beter familie skakeling aangesien dit die dag is wat deur beide lande herdenk word as die datum waarop Japan gekapituleer het in die Tweede Wêreldoorlog.

Foto – Die twee Koreaanse leiers