Japan bekommerd, maar Trump is gereed

Die skielike blitsbesoek van die eerste minister van Japan spreek van ernstige kommer wat in die bondgenoot se geledere bestaan, maar die Amerikaanse president sê hy sien uit na die Singapoer ontmoeting later hierdie week.

President Donald Trump het die Japanse eerste minister, Shinzo Abe, in die Wit Huis ontvang om finale gedagtes te wissel oor die historiese ontmoeting tussen die leiers van Noord-Korea en Amerika.

Die Japanese premier Abe is met reg bekommerd aangesien Japan een van die naaste lande is wat binne bereik van die Noord-Koreaanse ballistiese missiele geleë is, en wil waarskynlik sekerheid kry dat president Trump die erns daarvan sal opper in sy gesprek met Kim Jong-Un.

Alhoewel die Amerikaanse president vroeër gesê het hy verwag dat meer as een gesprek met Noord-Korea gevoer sal word, maar sê ook dat die eerste gesprek nie ’n “mooi fotosessie” gaan wees nie.

Die VSA se hoof doelwit met die gesprek is om die kommunistiese Korea te beweeg om van al sy kernwapen installasies ontslae te raak, wel wetende dat dit etlike jare van onderhandel en monitering sal beteken.

Premier Abe het Trump glo goed laat verstaan dat hy nie mag nalaat om te verseker dat Kim nie ’n verdere bedreiging vir Japan sal wees soos wat verlede jaar die geval was toe missiele vlak naby Japan neergestort het.

Foto – President Trump en premier Abe