Italië tree op teen immigrante

Die konserwatiewe, populistiese regering wat ’n week gelede die bewind in Italië oorgeneem het, is besig om sy eerste belofte na te kom net sterk optrede teen onwettige immigrante.

’n Amptelike woordvoerder het bekendgemaak dat die land nie meer die “kamp vir onwettige immigrante” gaan wees nie, en derhalwe die eerste boot met sowat 600 mense nie toegelaat om die hawe binne te gaan nie.

Die boot is weggewys om na die eiland Malta te gaan met sy vrag, en vorm deel van die nuwe regering se minister van binnelandse sake se beleid en nakoming van hul verkiesingsbelofte.

Intussen het die owerheid in Malta gesê hulle is nie deel van die ooreenkoms om onwettige immigrante te huisves nie, en “het niks te maak met die reddings operasies nie”.

’n Beampte van Parys het glo gesê daar is 600 mense aan boord, en hulle is moeg ’n uitgeput, en verdien akkommodasie, want hulle soek veiligheid.

Die insident het hewige spanning onder EU lede veroorsaak, veral omdat Italië geweier het om hulle toe te laat in enige van sy hawes.

Meer as 620 000 onwettige immigrante het die afgelope vyf jaar voet aan wal gesit in Italië, en die nuwe regering het besluit om ’n einde te maak aan die gebruik wat deur die vorige regering toegelaat is.

Later is vasgestel dat die 529 mense almal gered is en met ’n ander boot na die Italiaanse hawe onderweg was, maar toegang geweier is met die hoop dat die boodskap voornemende mense smokkelaars sal bereik dat Italië nie meer ’n afspringplek is nie.

Intussen het die owerheid in Palermo gesê hy is bereid om die immigrante te ontvang aangesien Malta ook geweier het om die boot toe te laat.

Later is aangekondig dat Spanje bereid is om die 629 onwettige immigrante te huisves, en sal waarskynlik daarmee ’n probleem vir die toekoms hê as Italië en Malta voortgaan om die onwettige immigrante te weier.