Italië maak soos Trump

Die nuwe, populistiese regering van Italië neig na dieselfde patroon van optrede as president Donald Trump van Amerika, want met die jongste twee voorvalle in die land sit wêreldleiers skielik penregop.

Die Italiaanse minister van landbou, Gian Marco Centinaio, het die naweek gesê dat die regering kyk weer na die gesamentlike Economic and Trade Agreement (CETA) met Kanada wat ook bande het met die Europese Unie.

Die minister sê die ooreenkoms bied nie voldoende beskerming vir die Italiaanse spesialiteit voedselsoorte nie.

Hy het gewaarsku dat Italië nie die vrye handel met Kanada sal bevestig nie omdat sy land se produkte maar ’n klein deel van die handel uitmaak.

Hy sê daar is baie boere in Italië wat hulle bedenkinge het oor so ’n ooreenkoms, en daarom sal hy die situasie eers goed deurkyk.

Die minister se standpunt volg kort nadat Italië ’n boot met 629 onwettige immigrante  verbied het om in n hawe aan te doen om die mense af te laai.

Italië se nasionalistiese regering het gesê die land is nie ’n kamp vir asielsoekers uit ander lande nie, en toe aanbeveel dat hulle na Malta gaan.

Die owerheid in Malta het egter ook geweier dat die onwettige immigrante daar afgegooi word, en uiteindelik het Spanje se sosialistiese regering aangebied om die onwettige mense te ontvang.

Foto – Minister Gian Marco Centinaio