Italianers gee sterk steun vir regering

Kort nadat die nuwe, populistiese regering van Italië saamgestel is, het die eerste minister, Giuseppe Conte, ’n mosie van vertroue met ’n sterk meerderheid gewen toe 69,4% steun verkry is.

Die nuwe eerste minister het gesê hy kan met so ’n sterk steun die land weer op koers kry en omsien na die kiesers se belange.

Die koalisieregering wat saamgestel is uit verteenwoordigers van die Vyf Ster Beweging en die nasionalistiese Liga, het ’n kragtige meerderheid van stemme getrek in die afgelope algemene verkiesing van die land.

Die sosialistiese partye het aanvanklik die hoop uitgespreek dat die twee regse partye nie mekaar sou kon vind vir die koalisie nie, en selfs die president het onregmatig opgetree in ’n poging om die koalisie te voorkom.

Volgens ’n meningspeiling in die media, geniet die koalisieregering ’n steun van 70%, en bestaan die vermoede dat Italië ’n ommekeer in die politiek gemaak het en veel sterker gaan konsentreer op eie welvaart weg van die jarelange gemoeidheid met onwettige immigrante en EU aangeleenthede.

Foto –  Minister Luigi Di Maio en premier Giuseppe Conte