Italiaanse premier besoek Franse president

Beide die Franse president en die Italiaanse eerste minister, het vroeër in verlede week minder vleiende woorde na mekaar geslinger oor die 629 onwettige immigrante wat nie in Italië toegelaat is nie.

Die eerste minister, Giuseppe Conte, het egter twee dae later gesê die dispuut tussen die twee leiers is agter die rug en ’n goeie ontmoeting tussen die twee het gevolg.

Die Italiaanse premier het tydens ’n gesamentlike media onderhoud gesê die twee leiers het wel verskil oor die ontvangs al dan nie van die immigrante, maar stem saam oor die Europese Unie se verkeerde beleid in die verband.

Premier Conte het gesê Italië sal ’n voorstel aanbied vir die algehele herskepping van die Europese Unie en sê asielsoekers uit Afrikalande sal ook in die voorstel aangespreek word.

’n Oostenrykse dagblad berig dat president Emmanuel Macron nie verskil van die Italiaanse premier oor die hantering van onwettige immigrante nie, en bestaan die moontlikheid dat Europa eersdaags ’n volkome nuwe benadering gaan volg oor die mense uit Afrika wat na Europa uitwyk in die hoop op ’n beter lewe.

Foto – President Macron en premier Giuseppe Conte