IMF eis dat ANC grondhervorming formuleer

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het die SA Regering versoek om sy grondhervormingsplanne duidelik uit te spel.

Dit moet gedoen word om onsekerheid oor beleggers se sentiment uit die weg te ruim.

As dit nie ‘n duidelike boodskap aan Cyril Ramaphosa en die regering stuur nie sal geen boodskap hul andersins oortuig nie, sê ekonome.

Buitelandse beleggers sal nie geld belê in ‘n land waar eiendomsreg sonder vergoeding weggeneem word nie.

Intussen het Kgalema Motlanthe ook ‘n eier te lê rondom die kwessie in sy verklaring dat alle Suid-Afrikaners gelyke reg moet hê tot grondbesit.  Dit staan enige burger van die land vry om grond te bekom maar dan moet hy/sy dit koop en nie steel of verniet ontvang nie.