Handelsoorlog tussen VSA en Sjina begin

Die kommunistiese regering van Beijing het in antwoord op Amerika se invoertariewe sy eie maatreëls in plek gesit met nuwe tariewe op Sjinese tegnologiese produkte.

Dit volg nadat president Donald Trump handelstariewe ingestel het op staal en aluminium nadat hy verklaar het dat die handelsewewig tussen Sjina en die VSA onbillik is ten koste van sy land.

Die Sjinese minister van handel het die naweek gesê dat nuwe tariewe op die VSA van toepassing is en dit sal onmiddellik in werking gestel word wat ook op dieselfde skaal is as Amerikaanse tariewe.

Die twee grootste lande in uitvoergoedere het die afgelope weke die een na die ander dreigemente na mekaar geslinger oor tariewe, en president Trump het per geleentheid gesê dit is ’n handelsoorlog wat Amerika maklik sal kan wen.

Die Amerikaanse Wit Huis het aangekondig dat die lys goedere vanaf Sjina ingevoer word, op sowat $5 miljard se invoerwaarde te staan kan kom.

Kenners meen egter dat geeneen van die twee lande werklik voordeel gaan kry uit die tariewe nie, alhoewel die moontlikheid bestaan dat die VSA ’n geringe wins daaruit kan haal.

Intussen het Sjina ’n beroep op ander lande gedoen om gesamentlik op te tree teen Amerika en invoerheffings in werking stel.