Facebook vra verskoning aan miljoene

Facebook se sagteware probleme het outomatiese oorskakeling van privaatheid na openbare sigbaarheid veroorsaak en word wêreldwyd gekritiseer vir die openbaarmaking van gebruikers se persoonlike gegewens.

Die foute in die Facebook sisteem het sowat 14 miljoen mense se persoonlike gegewens openbaar gemaak, en dui op die gevaar wat die sosiale media inhou vir enige gebruiker.

Erin Egan van Facebook het erken dat die stelsel die inligting van gebruikers openbaar gemaak het en het namens die omstrede Internetreus sy verskoning aangebied teenoor die miljoene verbruikers wat in ’n verleentheid gekom het.

Facebook het eers op 22 Mei die swak plek in hulle stelsel geïdentifiseer, maar dit het vyf dae geneem om die regstellings te doen van die benadeelde gebruikers.

Kenners het Internet gebruikers gewaarsku om weg te bly van Facebook aangesien daar geen waarborge bestaan dat iets soortgelyk weer kan plaasvind met gebruikers se besonderhede nie.