Eiffeltoring word beskerm met muur

Parys se owerheid het besluit om ’n koeëlvaste muur rondom die bekende Eiffeltoring op te rig ten einde die toring en besoekers daarheen te beskerm teen moontlike terreur aanvalle.

Die metaal heining wat van koeëlvaste metaal van sowat 6,5 mm dikte is, word beskou as een van die beste metodes om terroriste uit die omgewing van die toring te hou.

Die wêreldbekende monument lok jaarliks derduisende besoekers vanoor die wêreld, en verskeie terreuraanvalle in Europa het dit genoodsaak om nuwe veiligheidsmaatreëls in te bou.

Die oprigting volg nadat Parys verskeie kere die slagoffer was van aanvalle deur die Islamitiese Staat, waarvan die laaste voorval in Junie 2016 was.

Die paaie rondom die Eiffeltoring sal ook sekere hindernisse kry om te verseker dat terroriste nie met vragmotors die muur sal kan omstamp nie.

Die veiligheidsmaatreëls beloop meer as €35 miljoen en sal na verwagting die nodige veiligheid bied vir die derduisende besoekers.

Die muur wat meer as twee meter hoog is, sal oor ’n totale afstand van 324 meter opgerig word om die jaarlikse besoekers van meer as 7 miljoen te beveilig.