Duitsland vernietig derduisende eiers

Die Duitse owerheid het duisende hoendereiers laat verwyder van die winkelrakke nadat ’n breë spektrum insekdoder in eiers gevind is.

Die optrede kom ’n jaar nadat dieselfde middel in Nederland gevind is in eiers, en moes miljoene eiers vernietig word.

’n Woordvoerder van die owerheid sê sowat 750 000 eiers in ses Duitse deelstate moes van die winkelrakke verwyder word nadat gevind is dat die eiers besmet is met die breë spektrum fipnoril insekdoder.

Intussen sal die owerheid ’n deeglike ondersoek doen na die oorsprong van die besmette eiers en verbruikers is versoek om versigtig te wees en moontlike besmette eiers terug te neem na die handelaar.

Foto – Duisende eiers word vernietig