Duisende teen gronddiefstal

In net meer as vyf dae het die Instituut van Rasse Verhoudings 12 000  handtekeninge verkry vir ‘n voorlegging wat die beleid van grondonteiening sonder vergoeding teenstaan.

In die voorlegging sê  die Instituut dat so ‘n  stap die ekonomie sal skaad en demokrasie sal ondermyn. Selfs liberale kenners het verklaar dat so ‘n stap ‘n stelsel in plek sal stel wat tot korrupsie en begunstiging sal lei.  Begunstiging moet hier gesien word as  grootskaalse bedrog en diefstal deur die wat in beheer is.