Drankwet binnekort gewysig

Die komitee van grond en minerale bronne het die Drank Produkte Wet aanvaar en aangekondig dat dit binnekort wet gaan word.

Belangrik is die beheer oor bier, kontemporêre bier en tradisionele Afrika bier.

Daar bestaan tans skuiwergate wat toelaat dat enige produk met die etiket “Bier” vervaardig en verkoop kan word.

Die ouderdomsgrens vir die voorsiening van drank gaan van 18 opgeskuif  word na 21 jaar.