Dolfyne het ook eie name.

Manlike botelneus-dolfyne het hulle eie “roepgeluid naam” wat versoenbaar is met die mens se name en die vermoë om te identifiseer tussen al die ander eiesoortige spesie, is onomwonde vasgestel deur navorsers.

Dit is volgens die wetenskaplikes in Australië die enigste lewende wese buite die menslike ras wat oor die eienskap beskik om volgens ’n naam geïdentifiseer te word.

Die besonderhede is die afgelope naweek gepubliseer in die gesaghebbend tydskrif, Current Biology.

Die eienskap van die dolfyne is besonder uniek en is tot hede slegs by die mens gevind, en wetenskaplikes sê die dolfyn se vermoë om homself “bekend te stel” aan ander grens aan die eienskap van die mens.

Die dolfyn stel homself so voor aan baie ander dolfyne, en elkeen het ’n “naam” wat anders klink as enige ander dolfyn.