Dodelike ruspers oortrek Duitsland

Skole, parke, en openbare swemplekke is gesluit vir die publiek nadat ’n plaag van uiters giftige, harige ruspers eensklaps in bome regoor die land verskyn het.

By aanraking van die harige rusper sal die persoon baie gou asemhalingsprobleme ondervind, en kan dit selfs noodlottige gevolge hê.

Eikebome in Duitsland is oortrek van die ruspers, en in een omgewing waar sowat 250 eikebome staan, is meer as 70% reeds oortrek met die gevaarlike wurms.

Groot klompe ruspers is veral in Wesfale asook in Bavaria gevind en pes beheerbeamptes het moeite om die plaag onder beheer te kry.

Mense wat gepla is met enige allergieë moet nie met die ruspers in kontak kom nie, en daarom is waarskuwingsborde naby akkerbome aangebring.

Sommige wetenskaplikes meen die skielike uitbreking kan gekoppel word aan klimaat veranderings, maar die spesifieke rusper is beperk tot eikebome.