Damvlakke in Wes-Kaap styg

Goeie reëns het die gevolg gehad dat damvlakke in die droogtegeteisterde Wes-Kaap aansienlik gestyg het.

Damme in en om Kaapstad het die vlak van 32% verby gesteek terwyl die Clanwilliam dam van 4% tot 21%  gestyg het. Die Bulshoek dam wat noord van die Clanwillaim dam geleë is kan teen vandag oorloop.

Daar word gehoop dat die reënvalseisoen wat pas begin het, die vlakke van damme aansienlik sal verbeter.  Boere in die omgewing se gemoedere is bykans 100% beter as ‘n paar weke gelede weens die goeie reëns in die gebied.