Blitspatrollie beamptes vasgetrap

Drie polisiebeamptes van die Germistonse Blitspatrollie is in aanhouding weens beweerde kaping, ontvoering en roof van voertuie in Krugersdorp-Wes.

Prince Ngobeni, Godfrey Manisha en Maphoko Masemola was klaarblyklik verantwoordelik vir die misdrywe op 11 Junie 2018. Dit is geen goeie getuigskrif vir die minister van polisie en sy missie om misdaad te bekamp.

Die publiek word gewaarsku teen korrupte polisiebeamptes, aldus die Gauteng polisie segsman, lt. kol Lungelo Dlamini.