Bedank, beskuldig maar steeds vergoed

Supra Mahulamphelo het bedank as premier van Noordwes na beskuldigings van korrupsie en wanadministrasie maar hy bly volgens die ANC aan as lid van die provinsiale wetgewer en sal steeds salaris ontvang.

Die aankondiging is gemaak deur die ANC se segsman. Die rede is dat hy net bedank het as premier en nie as lid van die wetgewer nie.  Hy mag dus voortgaan om lid van die wetgewer te wees ten spyte van al die aanklagte en beskuldigings teen hom.

So word daar gesorg  vir die kaders, sê politieke ontleders.