Banke waarsku teen grondgryp

Die Bankiers Vereniging van SA (BASA) het ‘n waarskuwing uitgereik dat sou grond “gesteel” word sonder vergoeding dit kan lei tot ‘n verdere afgradering deur graderingsfirmas.

Dit sal volgens Pierre Venter van BASA lei tot hoë vlakke van skuldverliese terwyl die waarde van eiendomme gaan daal en die daaropvolgende disinvestering van beleggers om toekomstige verliese te voorkom.

In verstaanbare Afrikaans beteken dit banke gaan verliese lei weens die “diefstal” van eiendomme, want wie gaan die uitstaande verbande op eiendomme betaal (tans R1,6 triljoen se lenings teen eiendomme).  Eiendomme gaan agteruitgaan soos is sentrale gedeeltes van stede, want wie gaan die eiendom onderhou?  Die ANC-bewind het al getoon dat hy nie sterk is op enige vorm van onderhoud nie.

Strenger uitleen maatreëls sal ook deur banke ingestel word.

Ekonome waarsku dat Cyril Ramaphosa besig is om SA verder in skroot- oftewel rommelstatus te lei.