Balkan lande vergader oor immigrante

Meer as ’n miljoen onwettige immigrante uit die Midd-Ooste en uit Afrika lande het van die Balkanlande se roete gebruik gemaak om oor Europa te spoel.

Die roete wat deur die Europese Unie bepaal is, het die kleiner lande, en veral die Balkanstate, in ernstige politieke dilemmas geplaas wat nie langer geduld gaan word nie.

Seniors in die veiligheidsmagte en polisie van die Balkanlande het in Bosnië die afgelope naweek byeen gekom om strategie uit te werk indien ’n soortgelyke situasie weer sou opduik.

Die roete wat deur die EU vasgestel is, loop deur Griekeland, Albanie, Montenegro, Bosnië, Kroasië, tot in Wes-Europa.

Die Balkanlande het in ’n verklaring gesê hulle gaan nou reeds maatreëls in plek kry terwyl die geleentheid nog daar is om gereed te maak vir instroming.

Die probleem lê in grensbeheer, want die grens tussen Kroasië en Bosnië is meer as ’n 1 000 kilometer afstand wat beheer moet word om onwettige immigrante vas te vat.