Afrikanerbond herdenk 100ste bestaan

Die Broederbond, wat met ’n naamsverandering nou bekendstaan as die Afrikanerbond, herdenk vanjaar hulle honderdste bestaansjaar met ’n uithang geleentheid in die Wes-Kaap.

Die land se nuwe president, Cyril Ramaphosa, was die geleentheidspreker en is op eg broederlike wyse onthaal deur die vêrlinkse  organisasie

Die Broederbond is aanvanklik gestig met die doel om die verarmde Afrikaners op ekonomiese gebied te help nadat die volk totaal verarm het tydens die Tweede Vryheidsoorlog toe die Britte ook oorlog gevoer het teen die vroue en kinders van die Boere.

In later jare het die Broederbond so verpolitiseer dat dit vandag as ’n vêrlinkse organisasie deur menige Boere-Afrikaners geminag word vir sy beweerde rol om die land op ’n skinkbord weg te gee.

Ramaphosa het in sy toespraak die Broers opgeroep om grondhervorming te steun. Hy het gevra dat grondhervorming nie as ‘n bedreiging gesien moet word nie maar eerder as ‘n geleentheid.

Hy het die AB ook bygekom deur te sê dat hul in hul strewe na regte vir die Afrikaner,  ander se regte agterweë gelaat het.

Die land moet nou uit die as opgebou word, maar hy laat egter na om te sê dat dit die ANC is wat die land in ‘n ashoop verander het. Die AB moet glo hul kennis gebruik tot voordeel van die land, want Afrikaners  is by definisie en by naam Afrikane. Hy het nog ‘n hou geslaan deur te sê dat die AB ‘n instrument van onderdrukking was.

Ontleders wys dit sal net absolute swakheid en gedienstigheid wees as die AB gaan help om die land se gemors reg te maak nadat Ramaphosa hulle eintlik sleg gesê het.