Wêreldwye kommer oor Ebola krisis

Gesondheid owerhede van die wêreld het hulle kommer uitgespreek oor die nuwe vlaag Ebola virusbesmettings in Afrika, veral met die jongste gevalle wat aangemeld is in ’n stad met meer as een miljoen inwoners.

Die Demokratiese Republiek van die Kongo het pas ’n waarskuwing gerig dat die Ebola virus uitgebreek het en ’n nuwe fase betree nadat verskeie gevalle in die stad Mbandaka met sy een miljoen inwoners aangemeld is.

Die dodelike virus se uitbraak in die stad kan lei tot ’n massa voorvalle wat duisende mense se lewens kan bedreig aangesien streng higiëniese en kontak maatreëls nie behoorlik toegepas word nie.

Die stadsowerheid probeer vasstel waarvandaan en deur wie die virus in die stad aangekom het, en word toegangspaaie geblokkeer in die hoop om verdere gevalle te verhinder om in die stad te kom.

Sowat 25 mense het reeds omgekom in die jongste uitbreek en gesondheidsowerhede sê hulle kan die verspreiding nie keer nie aangesien die plattelandse gebiede nie oor die kennis en toerusting beskik om voorkomend op te tree nie.

Intussen het die Wêreld Gesondheid Organisasie van die Verenigde Nasies  sowat 8 000 inspuitings na die DRK gestuur, maar kenners sê dit is ’n druppel in die emmer.

In die vorige virus uitbraak het meer as 11 000 mense in Noord-Afrika omgekom weens die besmetting met die dodelike virus.