Wapens te huur?

Die aantal vuurwapens wat verlore gaan uit SAP/Metropolisie en SAW lede se besit wek al hoe meer kommer.  Dit blyk dat die beheer oor  vuurwapens onvoldoende is  en dat daar nie opgetree word teen lede wat wapens “verloor” nie.

‘n Tweede kommerwekkende saak is die bewerings dat veiligheidsmag lede hul vuurwapens uithuur aan kriminele elemente – teen soveel as  ‘n R1 000 per naweek.  Geen bewyse bestaan vir hierdie stelling nie,  tog doen die bewerings die rondte in die Kaap dat lede “nagklubs” of sjebiens besoek en dan hul wapens uithuur vir ‘n periode voor hul weer aan diens gaan.

Verder raak lede onder die invloed van drank en word dan besteel van hul wapens wat dan gebruik word om rooftogte te pleeg.

Waar kom al die semi-outomatiese wapens vandaan wat in transito rooftogte gebruik word.?

Voor 1994 was daar kontrole oor elke vuurwapen in die besit van ‘n magslid. Nou gebeur dit ook dat lede van die magte betrokke is by ernstige misdaad soos gewapende roof en dies meer.

Sou ‘n lid van die publiek sy wapen verloor gaan hy ongeskik verklaar word om enige wapen te besit. Word dieselfde reël toegepas op lede van die polisie, weermag en metro polisie?

Frik Stander