VVK volstoom op pad na verkiesing

Die Volksraad Verkiesingskommissie (VVK) is voltoom aan die werk vir die verkiesing van ‘n nuwe Volksraad in Oktober vanjaar, en verskeie verbeeldingryke programme is aangekondig om die projek te finansies.

‘n Verkiesingskonferensie is onlangs gehou met goeie resultate.  Die VVK besku die konferensie as ‘n reuse sukses.

‘n Bemarkingsvideo is daar vertoon en sal beskikbaar gestel word vir verdere verspreiding.

Voorts is die nuwe fondsinsamelingsprojek bekendgestel, naamlik “Borg-‘n-stempunt”.   Hierdie projek is op die been gebring om die nodige fondse in te samel vir die Volksraadverkiesing wat op 11-13 Oktober gaan plaasvind.

Deur deel te neem aan hierdie projek, word ‘n besigheid of organisasie bekendgestel aan duisende goedgesinde volksgenote.

Die projek is in vier kategorieë verdeel naamlik brons, silwer, goud en platinum.

Kategorie brons is die goedkoopste kategorie. Om aan hierdie kategorie deel te neem, word ‘n minimum van R5 000 aan die VVK geskenk. Daarvoor kry die skenker ‘n advertensie op die VVK-webblad asook op die stemprosedure-pamflet wat by alle stempunte beskikbaar gestel gaan word.

Kategorie Silwer behels ‘n skenking van ‘n minimum van R15 000 aan die VVK, waarvoor die skenker ‘n advertensie op die VVK-webblad, op VVK-nuusbriewe, op die VVK se bakkiesblad (Facebookblad) asook op die stemprosedure-pamflet wat by alle stempunte beskikbaar gestel gaan word.

Kategorie Goud is ‘n skenking van ‘n minimum van R25 000 aan die VVK, en daarvoor kry die skenker ‘n advertensie op die VVK-webblad, VVK-nuusbriewe, VVK bakkiesblad (Facebookblad) asook die stemprosedure-pamflet wat by alle stempunte beskikbaargestel gaan word. Verder kan die skenker baniere en ander bemarkingsmateriaal ten gunste van hulle onderneming of organisasie by enige van die amptelike VVK-stempunte aanbring.

Die Platinum Kategorie is ‘n skenking van minstens R50 000 aan die VVK. Daarvoor kry die skenker advertensieruimte en plasings op die VVK webblad, VVK-nuusbriewe, VVK Bakkiesblad (Facebookblad), onbeperkte bemarkingsmateriaal by enige van die amptelike VVK-stempunte, en advertensie(s) op gedrukte bemarkingsmateriaal van die VVK. Die advertensies op gedrukte bemarkingsmateriaal sal vooraf bespreek word met die betrokke partye om sodoende vir elkeen ‘n regverdige bemarkingsgeleentheid te gee. Hierdie materiale kan insluit soos penne, hoede, sleutelhouers en hemde.

Verskeie registrasiegeleenthede vind ook eersdaags plaas, waar kiesers hulle kan registreer vir die verkiesing:

Groblersdal: Republiekfees 26 Mei 2018 vanaf 08h00 te CVO Gromar.

Paardekraal, Krugersdorp: Republiekfees 2 Junie 2018 te Paardekraal Feesterrein.

Voorts het die VVK ‘n vakante betrekking vir ‘n ontvangsdame. CV’s kan gestuur word na info@vvk.co.za.