VSA en Europa moet saamwerk oor Iran

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, het aangebied om met die leiers van Europese lande saam te werk aan ’n nuwe kernwapen ooreenkoms met Iran.

Die onttrekking van die VSA aan die Internasionale Kern Ooreenkoms met Iran plaas Europese maatskappye onder druk, wat tot gevolg het dat die lande en Brittanje poog om die ooreenkoms staande te hou.

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het daarop gewys dat die bestaande ooreenkoms Iran steeds in staat stel om kernwapens te vervaardig, en daarom ag hy dit nodig om ’n nuwe ooreenkoms aan te gaan.

Iran het egter te kenne gegee dat hy nie tot die daarstelling van ’n nuwe ooreenkoms sal instem of saamwerk nie, wat Europa dwing om die bestaande ooreenkoms staande te hou.

Europese maatskappye is erg bekommerd oor die VSA se onttrekking aangesien die Duitse minister Heiko Maas gesê het die regering kan nie maatskappye beskerm teen die VSA se onttrekking nie.

Foto – Minister Mike Pompeo