Venezuela verjaag VSA diplomaat

President Nicolas Maduro het in reaksie op Amerika se besluit om strenger sanksies teen die verarmde Venezuela in te stel, aangekondig dat twee van die VSA diplomate beveel is om die land te verlaat.

Todd Robinson van die VSA is daarvan beskuldig dat hy met “militêre aksies” besig is nadat die VSA nuwe sanksies aangekondig het, en gevolglik die land moet verlaat.

In ’n omstrede verkiesing is die land se ongewilde president, Nicolas Maduro, herkies tot president, maar opposisiepartye sê daar was te veel ongerymdhede en ’n nuwe verkiesing moet gehou word.

Brian Naranjo, nog ’n diplomaat van die VSA, is aangesê om die land te verlaat, waarop die VSA kort daarna aangekondig het dat hy twee diplomate van Venezuela terugstuur na hulle tuisland.

Die hiper-inflasie van 13 800 persent is besig om die land daagliks tot groter bankrotskap te lei.

Foto – President Nicolas Maduro