Vader Markle nie by troue

Die opspraakwekkende huweliksbevestiging wat die naweek in die Britse dorp Windsor sal plaasvind, is nie sonder drama nie, en Britte laat reeds hulle koppe in skaamte sak.

Die Kensington Paleis het bekend gemaak dat die Britse prins Harry en Meghan gevra het vir begrip nadat die kleurling dame se vader, Thomas Markle, bekendgemaak het dat hy nie die seremonie sal bywoon nie.

Dit bring mee dat die Britte nie die tradisie sal herhaal dat die bruid deur haar vader ingebring sal word vir die huweliksbevestiging nie.

Meghan, wat voorheen getroud was, sal Saterdag met die Britse prins Harry in die huwelik bevestig word, maar dit is onduidelik wie haar in die lang staptog in die kerk sal inlei.

Haar Rooms Katolieke agtergrond het vir menige Britte ’n vraagteken gelaat, maar waarnemers sê sy het kort voor die huwelik aangekondig is, reeds ’n behoorlike skoling in die Britse protestantse geloof ondergaan.

Foto – Meghan Markle