Top tien skuldenaars aan Eskom

Eskom het sy top tien van skuldenaars aan hom bekend gemaak.

Hulle is:  Maluti-A-Phofung R2,8 miljard; Matjhabeng R1,8 miljard; Emalahleni R1,6 miljard; Ngwathe R936 miljoen; Emfuleni R606 miljoen; Goven Mbeki R517 miljoen;  Lekwa R491 miljoen; Thaba Chweu R431 miljoen; Ditsobotla R293 miljoen, en Naledi R280 miljoen. Lesers kan maar self hul soekenjins gebruik om die munisipaliteite na te vors.

Tesourie beklemtoon dat swak finansiële bestuur die gevolg is van ‘n inherente swakheid in politieke en administratiewe leierskap.  In gewone Afrikaans beteken dit dat die persone in beheer van die munisipaliteite nie die vermoë besit om met ander mense se geld te werk nie, en indien dit nie die rede is nie, dan steel hul blatant die belastingbetaler se geld.

Politieke ontleders vra of dit rassisties sou wees om te vra na die samestelling van bestuursrade?