Tom Moyane eis by Ramaphosa

Tom Moyane van SAID eis klaarblyklik ‘n multimiljoen rand goue handdruk sou hy “loop”, insluitend bonusse wat die staat hom skuld vir die suksesvolle invordering van belasting.

Sou hy dissiplinêr verhoor word, soos wat Cyril Ramaphosa aangedui het gaan gebeur, gaan die staat vir sy regskoste moet betaal, reken Monyane.

Dit blyk dat elke Tom, Dick en Harry tans besig is met grootskaalse  plundering en bedrog en dit van belastingbetalers se geld.

Die Nasionale Vervolgingsgesag is tans besig om hul besluit om Moyane nie te vervolg nie, te heroorweeg.

Foto: Tom Moyane