Terreur aanval in RSA word ontken

Terwyl sogenaamde kenners in Suid-Afrika probeer ontken dat die Islamitiese Staat (IS) aktief betrokke is in die land, het die aanval op ’n Moslem moskee weereens die kalklig gevestig op die terroriste groep.

In ’n gesaghebbende koerant van Oostenryk word dit onomwonde gestel dat die aanval op die moskee wel deur die Islamitiese Staat uitgevoer is, en beweer selfs dat die terroriste groep verantwoordelikheid daarvoor aanvaar het.

Die Vryburger het meer as twee jaar gelede gerapporteer dat die IS terreurgroep bedrywig is in Suid-Afrika, en daarop gewys dat minstens twee jong lede van die groep gevange geneem is nadat hulle probeer het om die land te verlaat.

Terroriste is glo ook aktief betrokke in die sogenaamde bendegeweld van die Kaapse Vlakte gebied, en die vermoede bestaan dat die IS terreurgroep die grootste dryfveer is om wanorde te skep.

Bewerings is ook gemaak dat IS opleiding bied in sekere plakkerskampe, maar dit word stilswyend geïgnoreer deur die owerheid.