Swede, land sonder oorlog in voorbereiding

Swede, die land wat vir die afgelope 200 jaar by geen oorlog betrokke was nie, het nou ’n inligtingsbrosjure aan die land se inwoners versprei wat handel oor die Koue Oorlog konflik wat nou bestaan.

As die krisis van ’n oorlog in Swede kom, moet die bevolking paraat wees en weet wat om te doen, en wat hulle kan verwag, want die afgelope 200 jaar was die land uitgesluit van enige oorlog.

Die Sweedse regering sê die inligtingstuk is nodig weens die aggressie wat Swede tans ervaar van Rusland, en die Russe se groter betrokkenheid in die Baltiese See word as ’n daad van aggressie beleef.

Die owerheid se 20 bladsy brosjure bevat allerlei inligting van hoe om ’n vyandelike bom te identifiseer tot die belangrikheid van beskikbaarheid van skoon drinkwater.

Dit is die eerste inligtingstuk van die aard sedert die begin van die Koue Oorlog van etlike dekades gelede.

Die brosjure sal aan die 4,8 miljoen huishoudings afgelewer word in die volgende paar weke om te verseker dat almal op hoogte van sake is.

Foto – Sweedse vlag