Supra op “vroeë pensioen”

Die berugte premier van Noordwes het aangekondig dat hy “op vroeë pensioen” gaan . Hy het glo op ‘n baie bewuste besluit gekom.

Die ANC het sy besluit verwelkom maar nie gemeld of hy vervolg gaan word vir al die beweerde wandade en misstappe nie. Hy is dan ook bedank vir die “werk” wat hy verrig het tydens sy premierskap.

VF Plus sê in sy reaksie dat die nalatenskap van Supra Mahumapelo as premier van Noordwes, is gewelddadige betogings, wanbestuur, politieke binnegevegte, onstabiliteit, onreëlmatighede, bande met die omstrede Guptas, talle bewerings van korrupsie en die in duie stort van die provinsiale departement van gesondheid.

Die party sê hy sal nie toelaat dat die bewerings van grootskaalse bedrog en korrupsie wat hom betrek, nie steeds deeglik ondersoek word nie. Die bedanking van die premier mag hom nie kwytskeld van vervolging nie.