SuperSport beskerm Willemse

Die betaalkanaal Supersport probeer skynbaar skadebeheer toepas na die ongevraagde en onnodige uitstap van sy aanbieder, Ashwin Willemse, Saterdag tydens ‘n uitsending uit die ateljee.

Willemse het uit die bloute ‘n aanval op Naas Botha en Nick Mallett gedoen en na homself as kwotaspeler van die verlede verwys.

SuperSport beweer nou dat die voorval nie rasverwant is nie.  Volgens die beeldmateriaal is dit deels korrek aangesien Botha en Mallett inderdaad geen rassekwessie aangeroer het nie, maar dat Willemse die een was wat die rassekaart uitgepluk het en dus daaraan skuldig sou wees.

Die praktyk in die land het egter reeds gewys dat net blankes rassiste genoem kan word, en as iemand anders daarby betrek word, word ander standaarde gestel.