Suid-Korea se president besoek Trump

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die president van Suid-Korea verwelkom in die Wit Huis waar besprekings gevoer is oor die ontmoeting met Kim Jong-Un van Noord-Korea.

Die gesprek is deur president Moon Jae-in aangevra in die lig van die moontlikheid dat Kim Jong-Un op die laaste minuut kan onttrek van die Singapoer ontmoeting.

President Moon en die Amerikaanse president het ’n werk ete bygewoon om die belangrikste aspekte te bespreek oor die geskiedkundige ontmoeting.

President Trump het herhaal dat hy die indruk gekry het dat die Noord-Koreaanse leier “baie ernstig” is om wel die kernkrag aanleg en die kernprogram tot niet te maak.

Trump en Kim sal mekaar ontmoet op 12 Junie in Singapoer, en tydens die geleentheid sal verskeie toegewings aan mekaar gemaak moet word ter wille van wêreldvrede.

Die moontlikheid dat Kim kan onttrek is nie vêrgesog nie, maar politieke waarnemers wys daarop dat die Sjinese president waarskynlik druk op hom geplaas het om sodoende Sjina se belange te beskerm.

Die Amerikaanse visepresident, Mike Pence, het in ’n TV onderhoud gesê dit sal nie verstandig wees van Kim om te onttrek nie, want president Trump sal nie met hom laat speel nie.

Foto – President Moon Jae-In