Staat sentraliseer gesag

Die sentrale regering van ANC-president Cyril Ramaphosa het beheer van die Noordwes provinsie oorgeneem.

Dit volg op die gemors wat premiers oor die afgelope 25 jaar aangevang het.

Politieke ontleders vra of dië stap nie die begin van die einde van die provinsies is as die sentrale regering nou die beheer oorneem nie?

Voorts word daar bespiegel of dit nie dalk tyd is dat daar terugbeweeg word na die ou bedeling van vier provinsies nie?  Kostegewys gaan daar ‘n enorme besparing wees van vyf provinsies se begroting met al die administratiewe rompslomp en grootskaalse bedrog wat plaasvind.  Dan kan en moet die sentrale regering verantwoording aanvaar vir wat besluit en wat spandeer word.

Tans kry onbevoegde en korrupte amptenare die skuld en die ANC-regering was hulle hande in onskuld.

Ramaphosa het hom beroep op die land se grondwet en beheer oorgeneem van Noordwes provinsie vir 180 dae. Hier deur het hy in effek  Supra Mahumapelo se beheer en gesag weggeneem in die provinsie.

Wat nou van Mahumapelo gaan word is onseker, en tans sit hy nog met verlof tuis terwyl hy volle salaris ontvang.