SpaceX op nog ’n ruimtereis

Die Suid-Afrikaans gebore miljardêr en ruimte tegnoloog, Elon Musk, het nog ’n geskiedkundige SpaceX vuurpyl lansering gedoen toe hy die week satelliete aan boord gehad het wat in die ruimte gelaat is om die weerpatroon te ondersoek.

Die twee satelliete wat in ’n wentelbaan om die aarde draai, is deur ‘n Duitse sentrum in samewerking met die VSA vir Nasa gelanseer.

Die navorsingsatelliete wat Woensdag in ’n wentelbaan om die aarde geplaas is, se hoofdoel sal wees om die veranderings in die aarde se weerpatrone dop te hou wat hoofsaaklik moontlike droogte tye beter kan uitwys.

Die satelliete sal dit waarskynlik moontlik maak dat droogtes in die verskillende wêrelddele beter voorspel kan word.

Die twee satelliete wat elk die grootte van ’n middelslag motorvoertuig is, was gelanseer vanaf die VandenBerg lugmagbasis in Kalifornië, Amerika, en sal elke 90 minute ’n nuwe “verslag” na die aarde terugsein.

SpaceX se swaar Falcon-9 lansering is ’n kragtige vuurpyl wat die grootste satelliete met die swaarste gewig, die ruimte inneem.

Tot hede kon geen ander ruimtevuurpyl die Falcon ewenaar met sy geweldige krag om sulke swaar satelliete die ruimte in te neem nie.