SpaceX maak gereed vir “handelsvlug”

Alhoewel ’n tegniese fout ingesluip het om SpaceX op sy eerste sending van ’n “handelsvlug” te vertraag, is alles verder gereed om binnekort die wye ruimtes in te vlieg.

Die SpaceX het nodig om sewe suksesvolle vlugte af te lê voor dit enige ruimtevaarders van Nasa mag vervoer op reis na die vreemdes.

Die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk se ruimtevaart maatskappy, SpaceX, maak gereed om met ’n vlug te begin met sy opgedateerde Falcon 9 vuurpyl, maar tegniese redes het verhinder dat die vlug kon begin.

Die vuurpyl se aanboord rekenaars het die aftelling gestop sowat 60 sekondes voor die vuurpyl geaktiveer kon word om die aarde te verlaat by die Kennedy Ruimtevaart Sentrum in die Amerikaanse deelstaat Florida.

Die beplande vlug sal die eerste wees wat kommunikasie satelliete dra om in die ruimte afgelaai te word, maar is ten minste 24 uur vertraag .