Sjina bou sy eerste vliegdekskip

Sjina het sopas begin met toetse wat uitgevoer word met sy eerste vliegdekskip wat te water gelaat is om die verwagte vermoë te toets om vegvliegtuie te laat opstyg en neerstryk.

Sjinese deskundiges streef daarna om vir die land die grootste vloot oorlogskepe ter wêreld te bou en is deurlopend met navorsing op die gebied besig.

Die reuse vliegtuigdraer het die dokke in die noordoostelike hawe van Dalian verlaat op sy eerste toetsvaart om die masjien aandrywing te onderwerp aan strawwe toetse.

Daarmee saam word die navigasiestelsel by herhaling getoets, sê die staatsmedia in ’n spesiale berig wat die afgelope naweek verskyn het.

Sjina is besig om sy weermag, en in besonder sy vloot, op te gradeer met nuwe tegnologie, en sal klaarblyklik in lyn gebring word met die omstrede kunsmatige eilande in die Sjinese Suidsee gebied waar ’n groot vliegtuig aanloopbaan opgerig is.

Kenners meen die Sjinese en Russe is besig om die groot Amerikaanse vloot met sy baie vliegdekskepe uit te daag, maar het nog ’n lang pad voor hulle.

Met sy eerste militêre basis wat in Noord-Afrika opgerig is, word die land ’n al groter bedreiging vir die wêreld se demokratiese bestel.