Republiekdag en De Klerk

 

Vanuit sy hospitaalbed waar hy aansterk na bloedklonte deur hart en longe, is dit Steve Hoffmeyr wat mense daaraan herinner dat vandag Republiekdag is. Nie FW de Klerk nie…

Wat 31 Mei 2018 soveel meer betekenisvol maak, is dat dit ook die negentigste herdenking is van die hysing van die ou Republiekvlag, en dit is ook vandag 100 jaar gelede dat CJ Langenhoven Die Stem voltooi het.

Slegs enkelinge sal nog aan 31 Mei dink as Republiekdag, terwyl ander al opgegaan het in die pikswart reënboognasie, met sy haat en nyd.

Dit is juis more, ‘n dag na Republiekdag, dat daar ‘n saak voor die gelykheidshof dien waarvolgens die ANC vra dat die ou Republiekvlag as simbool verbied moet word en as haatspraak geklassifiseer kan word.

As dié vlag verbied word, is Die Stem volgende, en gaan die viering van Republiekdag ook binnekort haatspraak wees. As die eerste domino tuimel, sal alles volg, en word die Afrikaner en sy kultuur stelselmatig vernietig.

Intussen het FW de Klerk onlangs by die Globale Leierskapstigting in Londen gepraat en daar gesê Suid-Afrika is in ‘n goeie hande onder die presidentskap van Cyril Ramaphosa. Hy sê Ramaphosa sien die lewe van alle kante; hy was ‘n vakbondleier, ‘n politikus en ook een van die hoofonderhandelaars betrokke by “die oorgang na ‘n demokratiese bestel.” De Klerk het Ramaphosa se sakekennis geloof en sê hy verstaan die ekonomie en is verbind tot ekonomiese groei.

Heel duidelik verstaan De Klerk self ooglopend geen snars van ekonomie nie, want om grond deur onteiening te wil steel sonder om daarvoor te betaal, soos Ramaphosa en sy bende wil doen, maak geen ekonomiese sin nie en sal beslis nie tot ekonomiese groei lei nie.

Trouens, die wêreld het al klaar vir Ramaphosa uitgekyk en stilweg met hulle geld begin stem: die rand het na die kortstondige oplewing na Ramaphosa se oorname, weer gedaal, want die wêreld het geen vertroue in sy sosialistiese beleidsrigting nie.

Dus het De Klerk in wese blatant gelieg deur te sê dat Ramaphosa goed vir die ekonomie is. Hy is nie! Ramaphosa sorg wel goed vir sy eie ekonomie, daarvan getuig sy miljarde wat hy besit.

Maar De Klerk se opmerking verdien verdere ontleding. Hy reken Suid-Afrika is in goeie hande onder Ramaphosa. Dit sluit beslis nie die Afrikaners in nie, want Ramaphosa is besig om die tempo om die Afrikaner van alles te stroop, wesenlik te versnel.

Tydens die besoek van die Boere-Afrikanervolksraad aan Ramaphosa, het hy die Afrikaner se vryheidstrewe afgelag. Beloftes van ‘n opvolggesprek het nooit van sy kant gerealiseer nie.

In plaas daarvan wil hy nou seker maak dat geen Afrikaner meer enige grond gaan besit nie.  Dit is natuurlik nie net boere se grond wat Ramaphosa in die visier het nie, want die land se grondwet, kamtig een van die bestes van die wêreld, stel dit uitdruklik dat waar hy praat van eiendom, hy nie beperk is tot vaste bates nie.  Dit kan dus letterlik alles insluit, selfs maatskappye, en Orania en Kleinfontein is in wese beide maatskappyvorme. Niks is dus meer hoegenaamd seker nie.

Is dit wat De Klerk bedoel Suid-Afrika is in goeie hande?

Blankes word selektief vervolg op klagtes van rassisme en haatspraak, terwyl opswepers soos Julius Malema daarmee wegkom, seker omdat hy agter die skerms met Ramaphosa heul om weer terug te gaan na die ANC waar hy dan ten minste met ‘n adjunkpresidentskap of premierskap vir Limpopo beloon gaan word. Selfs ‘n blinde kan met ‘n stok aanvoel dat die voorgestelde wet teen haatspraak, slegs op blankes van toepassing gaan wees. In wese is dit ‘n drakoniese inperking van vryheids van spraak.

Is dit wat De Klerk bedoel Suid-Afrika is in goeie hande?

Ramaphosa het in die parlement gesê daar is baie versperrings in die pad van versoening in Suid-Afrika. In dieselfde toespraak het hy verwys na mense wat steeds die ou Republiekvlag vertoon of Die Stem sing, en reken dié simbole hoort nie meer gebruik te word nie. Stemme het al opgegaan dat die republiekvlag by wyse van wetgewing nie meer vertoon mag word nie, en Ramaphosa is besig om die klimaat daarvoor te skep. Dit kom neer op die uitwissing en selfs ontkenning van die Afrikaner se geskiedenis. Dink Ramaphosa werklik dat met sulke optrede en maatreëls daar ooit van versoening sprake kan wees? Afrikaners sal mos nooit daarmee kan versoen nie.

Is dit wat De Klerk bedoel Suid-Afrika is in goeie hande?

Interessant dat sedert Ramaphosa oorgeneem het as staatshoof, daar weer nuwe lewe gegee word aan naamsveranderings en verwydering van historiese beelde. Na die heengaan van die terroris-moeder, Winnie Mandela, is daar skielik sprake dat Brandfort se naam verander moet word om in die toekoms as Winnie Mandela Village bekend te staan. Daarbenewens is daar sprake om Kaapstad se lughawe, wat eens die DF Malan Lughawe was, ook na haar te vernoem.

Terselfdertyd is daar weer ‘n venynigheid teen die ZAR president Paul Kruger se wêreldberoemde standbeeld op Kerkplein in Pretoria. As dié beeld val, sal dit bloot die eerste domino wees wat val en al die ander sal volg.

Ramaphosa swyg in elf amptelike tale hieroor, terwyl hy sogenaamde versoening predik maar nie versoening toepas nie.

Is dit wat De Klerk bedoel Suid-Afrika is in goeie hande?

De Klerk en Ramaphosa het saam geskryf aan die huidige grondwet van die land, en selfs nou nog word dié Afrikanervyandige dokument aangeprys as een van die bestes van die wêreld.

Daardie sogenaamde beste dokument moet nou gewysig word sodat dit nie meer die beste gaan wees nie, maar ten miste kan Afrikanergrond dan wettig gesteel word.

Die FW de Klerk Stigting is wel betrokke by aksies teen die wysiging van die grondwet en onteiening sonder vergoeding, maar die man wie se naam die stigting dra, reken Suid-Afrika is in goeie hande.

Ramaphosa verander sy eie grondwet om die Afrikaners by te kom, maar dan praat hy van versoening? Dit is niks anders nie as nie as politieke bedrog, en De Klerk sing lustig mee.

Afrikaners sal hulle verset moet verskerp. As plase gesteel word, moet dit verdedig word, want diefstal bly diefstal. As beelde verwyder word, moet dit verdedig word, want dit is ons goed en nie met ANC geld opgerig of gekoop nie. Ons moet die Republiekvlag vertoon soos nooit tevore. Ten minste brand ons nie busse af en skaad die ekonomie met brandende bande nie. En sing Die Stem! Die oomblik as ons terugdeins en bang lyk, het ons verloor. Dit is die wet van Afrika!