Ramaphosa se versoening ‘n klug

Cyril Ramaphosa het in die parlement gesê daar is baie versperrings in die pad van versoening in Suid-Afrika.

Politieke waarnemers sê hy is egter die grootste struikelblok in die pad van versoening.

In dieselfde toespraak het hy verwys na mense wat steeds die ou Republiekvlag vertoon of Die Stem sing, en reken dié simbole hoort nie meer gebruik te word nie.

Tydens ‘n vergadering wat TLU SA op Warmbad gehou is, het van die mense in die gehoor daarop gewys dat Ramaphosa onbetroubaar is. Dieselfde grondwet wat hy help skryf het, wil hy nou weer verander, wat beteken dat hy terug gaan op sy woord.

Sy dryf om onteiening sonder vergoeding toe te pas, gaan beslis nie versoening aanhelp nie, maar eerder ernstige wrywing veroorsaak.