Puigdemont gee leierskap oor

Die voormalige president van die deelstaat Katalonië in die noorde van Spanje, het besluit om die leierskap van sy party oor te gee aan een van sy partygenote.

Hy het ’n beroep gedoen op die party se parlementariërs om hulle volle steun te gee aan die adjunkleier van die party en hom te verkies as minister-president van Katalonië.

Carles Puigdemont woon in België, maar verkeer onder polisie bewaking in Duitsland omdat Spanje ’n uitleweringsbevel teen hom uitgereik het, waaroor Duitsland nog herkou.

In sy jongste toespraak wat in Berlyn gehou is, sê Puigdemont hy het besluit om terug te staan as president van Katalonië ter wille van die goeie orde en regering van sy party.

Hy het Quim Torra gevra om sy plek in te neem as minister-president van Katalonië, maar hy sal steeds betrokke wees in die stryd van sy mense om Katalonië tot onafhanklikheid te lei.