Polisie verjaag onwettige plakkers

Die polisie moes van rubberkoeëls gebruik maak om onwettige plakkery by Schulphoek naby Hermanus te voorkom.

Plakkers wou op die grond van 2,5 h strukture oprig maar die regering is nog besig om te onderhandel rondom die aankoop van die grond.

Die gebied vorm deel van die Melkboom woud en is geleë langs die Walviskus.   Sou hul daar gaan “woon” sal daar na ‘n paar jaar  niks van die woud oor wees nie.