Plaashuis afgebrand in Eshowe

‘n Plaashuis is in Eshowe afgebrand en ‘n bakkie gesteel tydens gewelddadige protesoptrede in die Natalse dorp.

Paaie is oudergewoonte afgesper met klippe en brandende bande.

Die paaie is intussen oopgestel nadat polisie die situasie onder beheer gebring het maar die plaashuis sal seker nie herstel word nie.

Foto: ter illustrasie