Ons en die tegnologie

Die koms van nuwe ontwikkelings op tegnologiese gebied het sy voordele, maar is nie sonder nadele nie, want alles kan nie altyd beter wees met nuwe ontwikkelinge nie.

Die poswese het byna tot stilstand gekom met die ontwikkeling van ’n e-pos stelsel wat nie veel betroubaarder is om afgelewer te word nie, maar is ’n duisend keer vinniger by sy bestemming, en is boonop gratis gestuur.

So is die koms van die nuwe elektriese motorvoertuig ’n revolusie van ongekende omvang, want nie almal wat vandag ’n motor besit, gaan die geld hê om ’n elektriese voertuig aan te skaf nie, en tweedehandse (gebruikte) elektriese voertuie gaan so skaars soos hoendertande wees. Elektriese voertuie, bekend as e-motors, gaan soveel as een miljoen kilometer van diens wees vir sy eienaar, net bande en dalk ’n nuwe stel batterye as enigste uitgawes, wat beteken dat dienste nie meer nodig is nie.

Waar gaan al die motorwerktuigkundiges werk kry, want niemand gaan daar ’n motor hoop nie omdat dit direk by die vervaardiger bestel word op die Internet.

Die petroljoggie se tyd loop uit, die diensstasie wat uitlaatpype vervang se dae is getel, die geraas van binnebrand motors sal verdwyn en verkoopspersoneel is nie meer nodig nie.

Selfbestuur motors kom, of ons daarvan hou of nie – en dit sal beteken dat die motorhandelaar soos ons hom vandag ken, kan aanpas deur daarvan ’n punt te maak waar mense wat nie die duur e-motor kan bekostig nie, as “taksie” kan gebruik. Hy sal nie bel nie, maar die e-motor wat ook ’n selfbestuur voertuig is, met sy selfoon “roep” om hom te neem na sy werkplek, en vanmiddag weer terugneem na sy blyplek.

Dit is maar ’n klein deel van die nuwe tegnologie wat aan die ontwikkel is en binne enkele jare die algemene saak word wat vandag vreemd klink.

Metodes is reeds ontwikkel wat die e-motor se herlaaityd dramaties verkort terwyl die voertuig tot 800 km kan ry voor dit weer herlaai word.

Foto – Tesla e-motor